Iets Oor Onsself


Die ouer garde se raad aan ons jonges is so dikwels,
"trou is nie perde koop nie".

Ons besef dit maar al te goed en is baie opgewonde om ons spreekwoordelike sakke sout saam te verorber.  Natuurlik met almal wie vir ons lief en kosbaar is se gebede, kan dit net soveel makliker gaan.

Ons doelwit met hierdie bladsy is dat ons sommer interessanthede oor onsself deel sodat jy ons beter kan leer ken.  





Kom ons vertel so bietjie meer van onsself...


Deon is gebore in Upington en het sy eerste treë op die plaas Kenhardt gegee waar hy groot geword het.  Met sy trekker het hy als verskuif en die trekker moes 'n hak aan kry om als wat dalk kan vassit of gesleep moet word, te kan help.  Al was hy die jongste het nie eens Ouboet vir hom ore aangesit nie.  Fietsry was vir hom groot ontspanning al was dit met nef af knië en elmboë.  Wanneer hy by die huis kom, moes als wat stukkend is (radio, waaier ens.) reggemaak word. Hy was gek na atletiek en het op hoërskool SA's behaal!

Ancica is in Keimoes gebore.  Sy het haar eerste treëtjies in Vergeleë gegee en groot geword in Brandvlei.  Rokkies met baie valletjies was haar lewe en die hare moes ook altyd gedoen wees.  Boeke en penne was haar gunsteling tydverdryf want poppe het haar glad nie geval nie.  Sy was ook altyd gereed vir 'n kuiertjie saam met familie.  Op skool het sy deelgeneem aan netbal en atletiek en was 'n prefek op koshuis.  Haar doelwit op skool was soos sy dit stel "35%, en alles meer was 'n bonus!"  Sy is 'n dametjie met 'n wil van haar eie.

Ons Gunsteling Musiek Video:
Romanz - "My Hele Hart"

Gunsteling Kleur...
Deon | Ancica
Nou weet jy waar ons troue se kleurskema vandaan kom!

Bederf ons so...

Deon...  Ek is tevrede met my vuurtjie, 'n tjop, braai broodjie en 'n glas coke.  Ek hou nie van iets soet nie - Eina! my tande pyn te maklik.  Ek is gek oor chutney en gooi dit oor alles.  Met kort broek, T-hemp en tekkies is ek op my gemaklikste.  Langebaan is net die vakansie plek vir my!

Ancica... Ek is baie lief vir tamaties en worsies en o ja, moenie die jelly vergeet nie!  Water is my koeldrank en my alkohol.  Girls = chocolate en my gunsteling is Smarties!  Ek is verslaaf daaraan...  Ek is lekker gemaklik in 'n kort rompie, boots en 'n gemaklike hemp.  Hartenbos! O Hartenbos, dis die plek vir my!