Ons Ontmoeting




Ancica was uitgenooi na 'n mondigwording partytjie waaroor sy baie opgewonde was, maar sy het nie geweet wat wag op haar nie!  

Hier volg die storie....

"Ek het my opgetof en reg gemaak vir die lekker partytjie. Daar aangekom,het ek lekker met almal begin kuier. So raak ons lus vir 'n lekker bekker koffie en ons is in die huis in.. Tipies Deon, sê hy toe dat hy die "mooiste girl op twee bene" raak gesien het. So het hy ook ingekom en met my gesels, my nommer gevra en wou na die partytjie saam huis toe gaan om te kyk of ek okey sou wees. Wel, ek was nie baie geinteresseer in al sy geselskap nie want dis 'n regte oom met 'n dik jas, jean en hare kort op sy kop af.. 

Deon kon net nie genoeg kry van my geselskap nie na daai aand het hy aanmekaar gebel en selfs 'n foto gestuur (wel lyk stukke beter en meer na iets wat ek van hou). So het ons begin kuier en kan net nie van mekaar genoeg kry nie...

Soos hulle sê...

Die res is geskiedenis!  

Nou is ons gereed om ewig trou aan mekaar te beloof. 

Wat 'n wonderlike vooruitsig van 'n lewe saam...